Campismo Leatherback is die heel eerste kamp terrein as jy deur die grenspos is, wat ons maklik toeganklik maak vir kampers met woonwaens en vissermanne met bote. Die rustigheid is virseker 'n groot bonus as mens moeg is na 'n lang pad of net wil weg kom van die stads gewoel. 

Campismo Leatherback kampplek in Ponta do Ouro is slegs 1.8km vanaf die hoof strand (Ponta). Ons het 17 kampplekke met skaduwee.


* 5 Staanplekke met eie badkamer, wasbak, 'n klein kombuis, kraan en braaiplek op die terrein.

* 12 Staanplekke deel gemeenskaplike badkamer, eie krag punte en braaiplek op die terrein.

* Kroeg, kroeg etes, swembad, groot skerm TV en pool tafel.

* Pryse tussen R100 en R150 per persoon per nag.

Campismo Leaterback is geleë in Ponta Do Ouro ongeveer 650km vanaf Johannesburg en 400km van Durban. Ponta Do Oura is gelee in die mees suidelike deel van Mosambiek en slegs 6 km van die Farazela grenspos (Kosi Bay)

Ponta do Ouro is 'n nasionale kusdorpie, met wit strande en turkoois blou water en vriendelike mense. Dit is 'n ideale bestemming vir gesinne en die dors reisiger, met baie vir jonk en oud om te doen.



 

Vir meer inligting oor kampplekke kontak:

Yolanda Billing: +258 842 412 090

E-pos: billingy4@gmail.com